Languages
English Nederlands Fran?ais
Quick Find
 
Advanced Search
Categories


Birth & Birtday wishlist->
Birth or birthday giveaways->
Japsnoet Homeparty
Sinterklaas & Christmas

Backpacks - to School
Bargains & Last piece

Kids Furniture & Decoration->
Soft leather Baby shoes 0-5 year
Toys->

Baby & Children Clothing->
Diaper Cakes & Creations
Birth Gifts

Giftvoucher
Partytime
Taking Care->
In the media

Manufacturers
Shopping Cart more
0 items

PARAPLUTJIE

Woorde: Tradisioneel: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3

Musiek: Nederlandse Volkswysie

Paraplutjie, parasolletjie;
een is vir die reëntjie,
die ander vir die son, pardon!

Rooie rosie, appelkosie;
een is vir snuifie,
die ander vir die proe, of hoe?

Regtermoutjie, linkerkousie;
een is vir die handjie,
die ander vir die voet, japsnoet!

Uit "Sing en speel" van P. McLachlan (Nasou).


Klein Dierbaar

Blinkoog japsnoet,
haasbek glimlag,
jy't my hart sommerso vir jou gevat.

Nat soentjies op my wang,
sagte lippies,
lekker bekkie.

Vuil voetjies in my skoot,
taai pofferhandjies,
warm, sagte nekkie.

Deurmekaar krullekop
met jou klingelende
klokhelder laggie.

My prinsessie,
dierbare klein engeltjie,
jy't my hart sommerso vir jou gevat.

Auteur: Butterfly
Bron: http://www.butterfly-love-poems.com/klein_dierbaar.htm